Advanced Search

Author Topic: Photoshop se verfkwas al wyer verbied  (Read 2203 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

May 20, 2012, 11:11:39 PM
Read 2203 times

Offline Colyn Serfontein

  • Administrator
  • *
  • ****
  • *
  • *

  • 879
    Posts

  • Gender: Male

  • Skiet tot jou vinger bloei.


  • Camera: Canon

  • Club: Imagelink

  • PSSA: 2284
Photoshop se verfkwas al wyer verbied
« on: May 20, 2012, 11:11:39 PM »
Photoshop se verfkwas al wyer verbied
2012-05-12 22:39

Christine van der Westhuizen

Die digitale manipulasie van modefoto’s het so ’n openbare storm ontketen dat derduisende mense in New York petisies daarteen onderteken en in Israel het die parlement selfs ’n wet daarteen uitgevaardig.

Dié omstrede digitale praktyk, wat ongewenste vetrolletjies en plooie kan laat verdwyn, kry nou teenkanting uit alle oorde.

Julia Bluhm (14) van New York het ’n petisie aan die tienertydskrif Seventeen gestuur waarin sy vra dat daar briek aangedraai word met die digitale verandering van foto’s.

Haar aanlynpetisie het gou amper 70 000 hand­tekeninge gewerf.

“Ek wil gewone meisies wat soos ek lyk sien in ’n tydskrif wat op my gerig is,” sê Julia.

Sy sê meisies in haar balletklas kla hoe “vet” hulle voel.

“Die media vertel ons ‘mooi’ is onmoontlike maer lywe en vlekkelose velle, terwyl min meisies daaraan voldoen.”

In Israel is onlangs ’n wet afgekondig wat modetydskrifte verbied om Photoshop te gebruik.

Foto’s wat wel verander is, moet ’n kennisgewing hê wat sê ’n digitale verfkwas is gebruik.

Die model Coco Rocha het uitgevaar teen die Brasiliaanse uitgawe van die tydskrif Elle, wat foto’s van haar met Photoshop geredigeer het.

Sy het die tydskrif vóór die fotosessie ’n kontrak laat teken dat daar nie met haar foto’s gepeuter sal word nie en is “diep teleurgesteld dat my wense geïgnoreer is”.

Die tydskrif Glamour het vroeër vanjaar onderneem dat sy fotograwe nie foto’s sal verander nie, selfs al vra ’n model daarvoor.
Brittanje se gesagsowerheid vir advertensiestandaarde het verlede jaar advertensies deur die skoonheidshuise Maybelline en Lan­côme verbied omdat dit “te veel geredigeer” is en misleidend voorkom.

So lyk Madonna voor en nadat sy gephotoshop is:





Source:http://www.rapport.co.za/Wereld/Nuus/Photoshop-se-verfkwas-al-wyer-verbied-20120512
« Last Edit: May 20, 2012, 11:13:48 PM by Colyn Serfontein »
Capture it when you see it ... it is a mere moment in time and will never come by again.
LPSSA

2284

May 24, 2012, 10:22:56 AM
Reply #1

Offline Pierre Joubert

  • Committed
  • *
  • *
  • ***
  • *
  • *

  • 171
    Posts

Re: Photoshop se verfkwas al wyer verbied
« Reply #1 on: May 24, 2012, 10:22:56 AM »
We proud ourself to be WYSIWYG photographers!   >:D (WYSIWYG - What you see is what you get)
"Where your focus goes, energy flows"


2285