Colyn ek is nie bewus daarvan dat jy die 7D so kan opstel nie.
Ek weet wel waarvan jy praat. Dit was vir my vreemd toe ek die eerste keer deur die viewfinder van jou 550D kyk (en ek die shutter knoppie druk) en die skerm kom onder my oog aan. Ek moes egter my gesig van die viewfinder wegneem om die inligting te sien.
Die volgende is moontlik:
1. Indien jy die "Q" button druk (voor jy die shutter knoppie halfpad druk), sien jy 'n opsomming van die belangrikste stellings.
2. Indien jy deur die viewfinder kyk en sodra jy die shutter knoppie halfpad druk, is die beligtings inligting beskikbaar. Dit is veranderbaar sonder om jou oog weg te neem van die viewfinder.
3. Indien jy die kamera stel na "Liveview" en jy druk die shutter knoppie halfpad verskyn al die inligting op die LCD.
Op watter stadium wil jy die shutter knoppie halfpad druk terwyl jy na die inligting op skerm kyk?