ImageLink - where photographers meet ...

ManKos => Kook en Kuier - Cook and Chat => Topic started by: Colyn Serfontein on August 01, 2017, 12:32:28 PM

Title: ManKos Bakdit Lys
Post by: Colyn Serfontein on August 01, 2017, 12:32:28 PM
Ek en Liana het so tydjie terug oor die ding begin geslels en toe noem ons so paar goed op wat ons nog wil bak of weer wil bak. Hier is die 5 goed waarop ons toe besluit het.

1. Jodetert - Dit hoef nie 'n tradisionele een te wees nie en al wat belangrik is, is dat die koek bestaan uit die dun lagies. Die vulsel is jou keuse.
2. Melktert - As jy wil kan jy jou eie deeg maak. Wat hier belangrik is, is dat die Melktert lyk soos 'n Tradisionele Melktert.
3. Pavlova - Weereens is die binnekant nie voorgeskryf nie. Die buitekant moet egter die bekende ding wees.
4. Macaroons - Grootte, smaak en geure is vrye keuse. Maar dit moet twee wees wat aanmekaargeplak is met 'n vulsel.
5. Eclairs - Die eintlike uitdaging hier is om die Choux of Soese te doen.

Hierdie is nie 'n kompetisie nie ... dis bloot 'n uitdaging.

PS ... Neem deel en gee nog voorstelle vir die lys.